VRAAG  5   TEKS 5                “OUERS DRE…

  VRAAG  5   TEKS 5                “OUERS DREIG MET REGSTAPPE NÁ BAKLEIERY MET ONNIE.”   Robin het nie sy huiswerk gedoen nie. Die onderwyseres ruk die boek uit sy hand en vra hard: “Wat gaan jou verskoning vandag wees?” Hy laat sy pen val omdat hy so bang is en die ink maak ʼn merk op die onderwyseres se rok. Hy moet voor die hele klas verskoning vra. Sy ouers weier; Robin is al genoeg verneder en sy ouers dreig met regstappe. Sy straf is toe om ʼn opstel te skryf. Ek sal graag dié opstel wil lees om Robin se kant van die saak te hoor!   Ons weet almal dat dit vandag nie speletjies is om (skool) te hou nie. In party skole is daar totale anargie. Kinders leer van (kind+regte), dat dit onderwysers teen die mure wil (uitdryf/uitdruif). Wat dit nog moeiliker maak, is dat ouers hul “onskuldige bloedjies” ten volle ondersteun.   Om dissipline in die skool te behou, moet daar ook gesag in die ouerhuis wees. Dit is elke ouer se plig om (elke dag) gesag oor hulle kinders uit te oefen en om hulle maniere te leer en om ander te respekteer. 181 woorde

Vraag 3: (Wetenskapmannetjies – Antjie Krog) 1. J…

Vraag 3: (Wetenskapmannetjies – Antjie Krog) 1. Julle sit onder swart teleskope 2. en kyk na die son 3. tot julle besef dat julle nooit daar sal kom. 4. Pateties bepaal julle dan ligjare 5. en vertel dat die son as’t ware 6. inkrimp en eendag gaan verdwyn.     7. Ons sit maar hoog op die windpomp 8. en kyk hoe die son sy kop stamp 9. teen die rant 10. hoe hy bloei 11. hoe die vaal lug gloei 12. hoe die bome tot silhoeëtte verskroei.     13. Daarom liewe menere teken ek klawertjies 14. tussen my huiswerk, kry ek 26%     15. want ek luister eerder na 16. die verdwaalde korhaan 17. tussen die bossies by die tennisbaan 18. en kwadreer liewer my vreugdes 19. en vind dan die logaritme van my hartseer 20. want syfers bring ‘n eensaamheid 21. wat geen mens kan keer.   Uit: Dogter van Jefta, 1970