Regsklik op die knoppie om die DATA lêers-blad in ‘n nuwe ta…

Regsklik op die knoppie om die DATA lêers-blad in ‘n nuwe tab oop te maak waar jy die DATA lêers kan aflaai wat nodig is vir die vraestel. Die skakel bevat ook die Toevoermasker- en HTML Tag-blad. Regsklik op die knoppie – “Open in new tab” – om die lêers te sien.   

Vraag 3 – Databasis   Let op:   ’n Toevoermasker (‘Input…

Vraag 3 – Databasis   Let op:   ’n Toevoermasker (‘Input mask’)-blad is beskikbaar in die data lêer aan die begin van die vraestel as verwysing. Daar mag ‘n uitvoerbare foutboodskap wees wanneer die databasis oopgemaak word. Maak die 3AthleticsRe-databasis, wat inligting oor die biblioteek bevat, oop. 3.1 Maak die Athletes-tabel in Design View oop.   3.1.1 Verander die eienskappe (properties) van die Birthdate-veld sodat die datum in Medium Date-formaat vertoon die Date Picker-kontrole vertoon wanneer die gebruiker op die veld klik. (2) 3.1.2 Verander die eienskappe van die CellNo-veld soos volg: Daar moet nie van die gebruiker vereis word (required) om ’n waarde in hierdie veld in te tik wanneer ’n nuwe rekord bygevoeg word nie. Stel die veldgrootte op 10.  (3) 3.1.3 Verander die kieslys vir die Grade-veld sodat dit al vyf hoërskoolgrade (8–12) in die volgorde bevat soos hieronder aangetoon.  Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien:    (2) 3.1.4 Verander die eienskappe van die Item no-veld, sodat die gebruiker slegs een van die volgende geldige waardes in hierdie veld kan invoeg: 1, 2 of 3. Maak ook seker dat ’n geskikte foutboodskap vertoon sal word as die gebruiker probeer om ’n ongeldige waarde in hierdie veld in te voeg. (4)  3.1.5 Formateer die Entry fee-veld om in Suid-Afrikaanse Rand, met 2 desimale plekke, te vertoon. (2)  3.1.6 ’n Kode word soos volg vir elke leerder saamgestel: Een opsionele syfer, gevolg deur een verpligte syfer, gevolg deur ’n onderstreepkarakter ( _ ), gevolg deur drie hoofletters (almal verpligtend). Voorbeelde van geldige kodes: 12_YTR en 3_KWN Verander die bestaande toevoermasker van die Code-veld om te verseker dat die gebruiker data in die formaat, soos hierbo aangetoon, sal invoer. (3)   Werk nou in Datasheet View.   3.1.7 Redigeer die enkele bestaande rekord in die tabel, deur die inhoud van die tekslêer 3ResultRe na die Result-veld van hierdie rekord te kopieer. (1)         Stoor die Athletes-tabel en maak dit toe (maar moenie die databasis toemaak nie). Let op: Klik op ‘Yes’ as jy ’n boodskap ontvang dat ‘Some data may be lost’.          3.2 Maak die qry3_2-navraag in Design View oop en verander dit soos volg: Die Participation-veld moet tussen die Event-veld en die Donation-veld wees. Die navraag moet slegs die volgende rekords vertoon: alle leerders wat meer as R100 (Donation-veld) geskenk het, asook alle leerders wat in die ‘Javelin’-kategorie (Event-veld) wat goeie deelname getoon het (Participation-veld). Die inhoud van die Donation-veld moet nie vertoon (show) wanneer die navraag uitgevoer word nie. Stoor die qry3_2-navraag en maak dit toe. (5) 3.3 Maak die frm3_3-vorm in Design View oop en pas dit aan om soos die voorbeeld hieronder te vertoon (sonder die buitenste raam), deur die instruksies onder die skermkopie te volg. Moenie enige kleure verander nie. Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien:   Doen die volgende: Formateer die kontrole in die Form Header sodat die kontrole ’n ‘swart raam sal hê. Voeg die prentjie 3AthleteRe by die vorm, in die posisie aangetoon. Sorg dat die inhoud van al die velde linksinlyn is. Voeg ’n reghoek (rectangle) buite-om die velde en etikette in die onderste deel van die vorm, soos hierbo aangetoon. Sorg dat die inhoud van die Trials date-veld (waar van toepassing) altyd in sy geheel vertoon, d.w.s. nie as ‘########’ nie. Dit moet gedoen word sonder om die formaat, fontgrootte of tipe font van die datum te verander. Stoor die frm3_3-vorm en maak dit toe. (8)   Stoor op jou rekenaar en LAAI in die volgende ‘Quiz’ op.

Vraag 2 – Sigblad ’n Sigblad word gebruik om die result…

Vraag 2 – Sigblad ’n Sigblad word gebruik om die resultate van jou skool se atletiekdag te administreer. Maak die sigblad 2ResultsRe oop en werk in die Times-werkblad. 2.1 Verander die formatering soos volg:   2.1.1 Verander die wydte van kolom A na 12. (1) 2.1.2 Formateer selle A1:F2 om soos volg te lyk (moenie enige kleure verander nie): Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien:   (2) 2.2 Vind die grafiek op die Times-werkblad. Verander die grafiek om soortgelyk aan die voorbeeld op die werkblad te lyk, deur die instruksies hieronder te volg. Doen die volgende: Verwyder die vertikale as. Voeg die titel ‘Event’ vir die horisontale as by. Vertoon die grafiek se randskrif (legend) boaan. Voeg data-etikette (data labels) vir al die kolomme by. Vul die agtergrond met die prentjie 2OlympicsRe en maak die deursigtigheid 10%. Maak seker dat elke datareeks (data series) in ’n ander kleur vertoon. (6) 2.3 Die funksie in sel G8 is veronderstel om die gemiddelde punte totaal van die atlete wat deelgeneem het te bereken, maar daar is fout met die funksie. Maak die fout in die funksie reg. Gebruik ook ’n funksie om die antwoord af te rond, sodat die antwoord as 4.13 vertoon. (3) 2.4 Die punte totale vir baan items word in kolomme B en C gestoor en die punte vir veld-items in Kolomme D-F. Voeg ’n formule in sel G10 in om te bepaal hoeveel meer punte toegeken is vir baan-items as vir veld-items. (3) Werk nou in die Javelin-werkblad.   2.5 Gebruik die Subtotal-funksie om die hoogste afstand in elke graad te bepaal. (3)   Werk nou in die Participants-werkblad.   2.6 Pas voorwaardelike formatering (conditional formatting) soos volg op die datums in kolom E (‘Date’) toe: As ’n item in die laaste 7 dae plaasgevind het, moet die sel anders geformateer word (uitstaan) as die res van die selle in hierdie kolom. (2) 2.7 Die getal dae wat ’n item gelede (days ago) plaasgevind het, is in kolom F gestoor, en die boete (Penalty fee) wat per dag op laat betalings vir elke item gehef word, is in sel K2 gestoor. Voeg ’n funksie in sel G5 in om die boetebedrag (Penalty fee) vir Keyser, A. te bereken. As die boetebedrag R0.00 is (d.w.s. daar is geen boete nie), moet niks in die sel vertoon nie. Die funksie moet korrek werk indien dit na die ander selle in hierdie kolom gekopieer word. (6) 2.8 Voeg ’n funksie in sel M4 in om te bepaal hoeveel atlete nie spanleiers (‘Team leaders’ – kolom C) is nie. (2) 2.9 ’n Poging is aangewend om die getal atlete wat in spiesgooi (Javelin) deelgeneem het, in sel M7 te bereken. Die verkeerde resultaat word egter gegee. Maak die funksie in sel M7 reg sodat dit die korrekte antwoord vertoon. (1) 2.10 Gebruik die bestaande funksie in sel M10 om ’n formule te skep om die persentasie atlete wat ’n boete het (kolom G), te bereken. Formateer die antwoord as ’n persentasie. (4) 2.11 Voeg ’n funksie in sel M17 in om die derde laagste ‘Punte telling’ (kolom I) te bereken. (3) 2.12 Voeg ’n funksie in sel N27 in om te bepaal hoeveel span leiers (Team leaders) boetes (fines) het. Wenk:  Volg die ‘boublokke’-benadering deur soos volg van die blanko kolomme aan die regterkant van die werkblad gebruik te maak: Stap 1:  Voeg ’n telfunksie (counting function) in die blanko kolom P in om te bepaal of die atleet ’n ‘Span leier’ is. Stap 2: Voeg ’n telfunksie in die blanko kolom Q in om te bepaal of die atleet ’n boete het. Stap 3: Voeg ’n formule of ’n funksie in die blanko kolom R in om te bepaal of die leerder ’n ‘span leier’ is en ’n boete het. Stap 4: Voeg ’n funksie in sel N27 in, wat die resultate van Stap 3 gebruik, om die antwoord te vertoon. (4)   Stoor op jou rekenaar en LAAI in die volgende ‘Quiz’ op.

Vraag 4 – Webontwerp (HTML) Jy is gevra om ’n webblad vir…

Vraag 4 – Webontwerp (HTML) Jy is gevra om ’n webblad vir die skool se intranet te finaliseer. Maak die onvoltooide 4OlympicsRe-webblad in ’n webblaaier, asook in ’n HTML-redigeerder soos Notepad++ oop (NIE in ’n woordverwerker soos Word nie). Let op: Vraagnommers is as kommentare in die lêer bygevoeg om aan te dui min of meer waar jou antwoorde ingevoeg moet word. Moet asseblief nie hierdie kommentare uitvee nie. ’n HTML tag-blad is vir verwysing aan die einde van die vraestel aangeheg. Jou finale webblad behoort soortgelyk aan die voorbeeld hieronder te lyk: Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien:   4.1 Voeg HTML-kode by sodat die teks ‘Olympics’ in die ‘tab’ van jou webblaaier verskyn wanneer mens die webblad in die webblaaier oopmaak. (1) 4.2 Vind die teks ‘Olympic games’ aan die bokant van die webblad.Formateer die teks met die grootste Heading-styl. (1) 4.3 Vind die teks ‘The Olympic games … ancient Greece’ onder die opskrif ‘Olympic games’.Voeg HTML-kode by sodat die teks soos volg as ’n enkele paragraaf vertoon (sonder die raampie): Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien:   (2) 4.4 Vind die teks ‘PASTE HERE’ op die webblad.Vervang hierdie teks met net die eerste paragraaf van die dokument 4InfoRe.docx. (2) 4.5 Vind die teks wat met ‘Why not become a member …’ begin, en met ‘twice weekly.’ eindig, naby die onderkant van die webblad. Voeg HTML-kode by sodat die teks soos volg vertoon (sonder die raampie):  Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien:   Let op: Slegs die woorde ‘Olympics Fan Club’ (in die eerste reël) moet in vetdruk (bold) geformateer wees. Daar moet ’n spasie (‘oop reël’) tussen die teks ‘Meetings take place twice weekly.’ en die teks daarbo wees. (2) 4.6 Voeg ’n horisontale lyn in, in die posisie in die voorbeeld aangetoon. (1) 4.7 Vind die teks ‘Copyright Olympics’ aan die onderkant van die webblad.Sorg dat net die woord ‘Copyright’ sal vertoon wanneer die lêer in ’n webblaaier oopgemaak word. MOENIE enige teks uitvee nie. (1) Stoor op jou rekenaar en LAAI in die volgende ‘Quiz’ op.

1.11 Vind die verhelderde paragraaf onder die opskrif ‘The…

1.11 Vind die verhelderde paragraaf onder die opskrif ‘The Olympics Through the Years’. Formateer die teks om soos volg te vertoon, sonder die buitenste raam (moenie enige kleure verander nie): Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien: (1) 1.12 Vind die prentjie onder die opskrif ‘The Olympics Through the Years’. Plaas ’n hiperskakel op die prentjie sodat die skakel (link) die gebruiker na die bokant van die dokument (Top of the Document) neem, d.w.s. na die eerste bladsy van die dokument. (1) 1.13 Vind die vormvelde (form fields) op die laaste bladsy. Verander die kenmerke (properties) van hierdie vormvelde, soos aangetoon langs die etikette wat hieronder gelys word: Name and surname: Die gebruiker moet teks in die veld kan intik. Event: Die gebruiker moet een van die volgende opsies, in dieselfde volgorde as wat hieronder aangetoon word, kan kies: Athletics Boxing Swimming More info please: Die merkhokkie (Check Box) moet soos volg vertoon wanneer die gebruiker die dokument oopmaak. Email address: Enige teks wat in hoofletters (uppercase) ingetik word, moet outomaties na kleinletters (lowercase) omgeskakel word. Motivation: As die gebruiker die F1-sleutel druk, moet die volgende boodskap vertoon word: ‘Max characters 100’. Let op: Moet NIE redigering van die dokument beperk nie (restrict editing).   (6) 1.14 Gebruik tabelstoppunte om ’n horisontale lyn onder die vormvelde op die laaste bladsy te skep. Die streep moet presies 15 cm lank wees. Die streep moet op dieselfde plek voorkom as wat op die volgende skermkopie aangetoon word: Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien: (3) 1.15 Onderstreep met ’n dubbellyn alle voorkomste van die woord ‘games’, waar dit as ’n woord op sy eie in kleinletters voorkom, bv. games. (3) 1.16 Voeg outomatiese bladsynommering in die bladsyonderskrif (footer) soos volg in: Die eerste bladsy moet nie ’n bladsynommer hê nie. Die tweede, en daaropvolgende bladsye, moet met die formaat 1, 2, 3, … genommer word, en moet by 1 begin. Met ander woorde, die tweede bladsy moet as 1 genommer word, die derde bladsy as 2, ens. (3)   Stoor op jou rekenaar en LAAI in die volgende ‘Quiz’ op.