VRAAG 3: 3.1 Noem 2 vereistes – behalwe hardeware en sa…

VRAAG 3: 3.1 Noem 2 vereistes – behalwe hardeware en sagteware – om koppeling met die internet moontlik te maak. (2) 3.2 Watter tipe sagteware het jy nodig om webblaaie te besigtig? (1) 3.3 Kyk na die volgende webwerf www.lan.gov.uk —  Wat beteken die .gov.uk gedeelte van die web adres?  (2)

VRAAG 2: Sê of elk van die volgende stellings WAAR of ON…

VRAAG 2: Sê of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. As die stelling ONWAAR is, skryf dan die woord ‘Onwaar’ neer en OOK die woord (e) wat die onderstreepte woord (e) moet vervang om die stelling WAAR te maak. (Let daarop dat geen punte toegeken sal word as ‘Onwaar’ gegee word sonder ‘n voorgestelde vervanging nie.) Voorbeeld 1: ‘N Drukker is ‘n voorbeeld van ‘n afvoertoestel. Antwoord: Waar Voorbeeld 2: ‘N Drukker is ‘n voorbeeld van sagteware. Antwoord: Onwaar – hardeware 2.1. ’n Portaalwebblad is ‘n webblad wat kort, gereeld opgedateerde inskrywings in chronologiese volgorde bevat, soms selfs daagliks. (1) 2.2. Hoe groter die bandwydte, hoe vinniger die Internet konneksie.  (1) 2.3. “Tabs” verhoed dat die gebruiker meer webblaaie oopmaak sonder om die bestaande webblad waarop hy is, toe te maak. (1) 2.4. Whatsapp is ‘n voorbeeld van IKT.  (1) 2.5. BCc beteken dat die e-pos adresse aan wie die epos gestuur is, deur almal wat die epos ontvang, gesien kan word. (1)