VRAAG 2 40 Punte 2.1.1 Noem enige TWEE monopoliebedryw…

VRAAG 2 40 Punte 2.1.1 Noem enige TWEE monopoliebedrywe in Suid-Afrika. (2) 2.1.2 Wat gebeur met die hoeveelheid vraag as die inkomste elastisiteit van vraag 2 is en die inkomse styg met 9%? (2)     2.2 Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg: REGS KLIK OP DIE KNOPPIE OM DIE TABEL OOP TE MAAK IN ‘N NUWE TAB:     2.2.1 Bereken die waardes vir A en B. (2) 2.2.2 Identifiseer die winsmaksimeringsvlak. (2) 2.2.3 Verduidelik marginale koste. (2) 2.2.4 Teken ‘n vryehandskets van GI, MI en TI op een grafiek. (4)     2.3 Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg: REGS KLIK OP DIE KNOPPIE OM DIE TABEL OOP TE MAAK IN ‘N NUWE TAB:     2.3.1 Gee die formule vir die berekening van verbruikersewewig. (2) 2.3.2 Verduidelik die wet van afnemende marginale nut. (2) 2.3.3 Verduidelik die keuses wat ‘n verbruiker met ‘n begroting van R5 sal moet maak om verbruikersewewig te kan bereik. (4) 2.3.4 Bewys dat die verbruiker dan ook maksimum bevrediging bereik het. (2)     2.4 Met behulp van grafieke, verduidelik hoe ‘n tekort aan grond die prys van voedsel sal beïnvloed. (8) 2.5 Met behulp van grafieke, verduidelik die uitwerking van prysveranderinge op inkomste vir produsente met elastiese vraag en vir produsente met onelastiese vraag. (8)