INSTRUKSIES 1. ‘n Spesiale ANTWOORDBOEK word versk…

  INSTRUKSIES 1. ‘n Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy die toepaslike vrae moet beantwoord.  2. MAAK SEKER JY LAAI DIE KORREKTE ANTWOORDBLAD!!!! VERKEERDE DOKUMENTE=0 MAAK SEKER JOU DOKUMENTE EN LÊERS WORD IN DIE KORREKTE FORMAAT GESTOOR: ACCN GR11A T02 SBA004a JOU VAN JOU NAAM JOU DOKUMENT MOET IN ‘N PDF FORMAAT WEES.

  AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING:     1….

  AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING:     1. Kredietverkope aan D. Maslaba vir R17 000 is nie geboekstaaf nie. Koste van verkope beloop R10 000.       2. Voorraad voorhande volgens die fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2019: ●       Handelsvoorraad, R70 900 ●       Verpakkingsmateriaal, R2 700     3. Waardevermindering op vaste bates beloop R48 700 vir die jaar.     4. ‘n Debiteur, N. Mokoena, is insolvent verklaar.   Sy skuld van R4 500 moet as oninbaar afgeskryf word.     5. Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R2 600 aangesuiwer word.     6. Die water- en elektrisiteitrekening vir Februarie 2019 is ontvang, R1 600.  Geen inskrywing is in die boeke gemaak nie.     7. Versekering sluit ‘n bedrag van R3 600 in vir die tydperk 1 November 2018 tot 31 Oktober 2019.     8. Die Bankstaat ontvang van Afrika Bank op 28 Februarie 2019 toon die volgende:       ●       Bankkoste van R745 en rente op lopende rekening R225.       ●       Onbetaalde tjek van ‘n debiteur (ter vereffening van sy rekening van R950)  R910.     9. Rente op die vaste deposito is slegs vir 9 maande ontvang.  Die vaste deposito was onveranderd gedurende die  finansiële jaar. Rente word nie gekapitaliseer nie.     10. Huur is ontvang tot Maart 2019.  Neem kennis dat die huur met 10% op 1 September 2018 verhoog het.     11. Die leningstaat ontvang vanaf Afrika Bank:                   Saldo op 1 Maart 2018 R 280 000 Rente gekapitaliseer             ? Terugbetalings insluitende rente 95 000 Saldo op  28 Februarie 2019 220 000 Rente word gekapitaliseer.       12. Advertensies bestaan uit ‘n jaarlikse ooreenkoms met die koerant vir die hele finansiële jaar. Advertensies is slegs vir 11 maande betaal. Neem kennis dat die premie vanaf 1 November 2018 met R450 per maand verlaag is.  

  NOMINALE REKENINGE AFDELING Debiet Krediet    …

  NOMINALE REKENINGE AFDELING Debiet Krediet     Verkope   2 040 000     Koste van Verkope 1 200 000       Debiteureafslag 36 700       Huurinkomste   205 500     Salarisse en Lone 266 000       Pensioenfonds- en WVF-bydraes 34 400       Oninbare skulde 21 250       Water en elektrisiteit 53 900       Korting toegestaan 4 565       Telefoon 29 700       Advertensies 31 100       Versekering 48 600       Verpakkingsmateriaal 22 500       Bankkoste 11 845       Rente op lening          ?       Rente op vaste deposito   27 000  

    Saldo’s op 1 Maart  2015   Kosprys Opgehoopt…

    Saldo’s op 1 Maart  2015   Kosprys Opgehoopte waardevermin-dering Drawaarde Grond en geboue 400 000 ( 0) 400 000 Voertuie 300 000 (76 000) 224 000 Toerusting 80 000 (20 000) 60 000       INLIGTING       Grond en geboue       ●         Uitbreiding aan die geboue is gedoen teen ‘n koste van R120 000.       ●         Herstelwerk aan die stoorkamer beloop R25 000.       Voertuie       ●           Ruil ‘n ou voertuig op 1 September 2015 vir R55 000 in by Josi Motors.  Die voertuig is op 1 Maart 2013 vir R100 000 aangekoop. Die nuwe voertuig is op dieselfde datum vir R150 000 op krediet gekoop.           ●          Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j. op die kosprysmetode (reguitlynmetode).           Toerusting       ●          Kgosi Handelaars het agt nuwe skootrekenaars teen R6 000 elk op 1 Desember 2015 aangekoop.           ●          Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. volgens die verminderde saldo-metode.             37 TOTAAL 150

VRAAG 2: NOTAS TOT DIE BALANSSTAAT EN UITTREKSEL UIT DIE BAL…

VRAAG 2: NOTAS TOT DIE BALANSSTAAT EN UITTREKSEL UIT DIE BALANSSTAAT          (61 punte; 48 minute) 2.1 PJ HANDELAARS     Die onderstaande inligting is ’n uittreksel uit die boeke van PJ Handelaars, met vennote H. Pollard en E. Jantjies.  Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2019.     GEVRA:     2.1.1 Berei die volgende notas tot die Balansstaat voor vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2019:       ●       Kapitaal (8)     ●       Privaatrekeninge (12)     ●       Handels- en ander betaalbares Nota: Toon alle betaalbare bedrae onder die nota, behalwe oortrokke bank en die huidige deel van die lening.   (11)   2.1.2 Voltooi die Ekwiteit en Laste-afdeling van die Balansstaat op 28 Februarie 2019. (14)   INLIGTING:       A. Saldo’s vanuit die Grootboek op 28 Februarie 2019.             R Kapitaal:  H. Pollard                 (1/2/2019) 600 000   Kapitaal:  E. Jantjies               (28/2/2019)          300 000   Privaatrekening:  H. Pollard     (1/3/2018)      22 500 Kt Privaatrekening:  E. Jantjies    (1/3/2018)     57 600 Dt Onttrekkings:  H. Pollard 72 000   Onttrekkings:  E. Jantjies 96 000   Lening:  FR Finkom 450 000   Krediteurekontrole  62 750   SAID: LBS 13 500   Bank                                                        16 600 Kt Opgelope uitgawes / Uitgawes betaalbaar 12 700   Vooruitontvange inkomste 4 600   Opgelope inkomste / Inkomstes ontvangbaar 17 000   Vooruitbetaalde uitgawes 16 300    

  VRAAG 3:  TERME, BATEVERKOPE EN NOTA VIR VASTE BATES   …

  VRAAG 3:  TERME, BATEVERKOPE EN NOTA VIR VASTE BATES                              (37 punte; 30 minute)     Jy word voorsien van inligting rakende Kgosi Handelaars op 29 Februarie 2016, die einde van die finansiële periode.     GEVRA     3.1 Bestudeer die onderstaande stellings.  Kies die korrekte antwoord uit die opsies wat verskaf word. (4)   3.1.1 Waardevermindering kan geklassifiseer word as ‘n ……….           3.1.2 Die …………-metode word toegepas wanneer waardevermindering op die drawaarde bereken word.           3.1.3 Verlies met bateverkope sal die eienaarsbelang …………           3.1.4 Wanneer ‘n bate op krediet verkoop word sal die …………-rekening gedebiteer word.           3.2 Stel ‘n bateverkoperekening in die Algemene Grootboek op. Sluit die rekening af op 29 Februarie 2016. (11)   3.3 Stel die nota vir Vaste bates op.  Toon jou berekeninge. (20)   3.4 Die grond en geboue word op 1 Maart 2015 herwaardeer en die markwaarde beloop R700 000. In die finansiële state reflekteer dit as R400 000.  Watter AARP-beginsel is hier van toepassing? (2)