VRAAG 1   1.1 Watter getal moet by 756 526 gevoeg…

  VRAAG 1   1.1 Watter getal moet by 756 526 gevoeg word om 1 253 777 te kry? Gebruik die kolom-metode en onderstreep jou finale antwoord. (3) 1.2  Theo werk vir 168 ure by die ontsnapkamer terwyl Susan vir 156 ure werk. Saam verdien hulle ‘n totaal van R9 396.  Help hulle asseblief om die geld regverdig tussen die twee van hulle te verdeel.   (6) 1.3 Lys al die faktore van 20 in stygende volgorde. (1) 1.4 Bestudeer die volgende geometriese patroon en teken term 4 en term 5.   (2) 1.5 Illustreer die vyf verskillende soorte transformasies. Teken vir elke transformasie ‘n hartjie ❤ en dan ‘n tweede hartjie wat die transformasie wat plaasgevind het aan toon. Benoem elke tekening volgens die transformasie wat plaasgevind het. (5)

AFDELING B Die volgende vrae moet in die gegewe oop spa…

AFDELING B Die volgende vrae moet in die gegewe oop spasies getik word OF kies die regte antwoorde uit die gegewe opsies. (OPMERKING: Die gebruik van papier vir berekeninge word aanbeveel. Doen die berekeninge op papier om die antwoord uit te werk en tik dan jou antwoord in die spasies wat aan jou voorsien word OF kies die regte antwoord).

3.2 Die bestuurder wil graag bereken hoeveel wins die m…

3.2 Die bestuurder wil graag bereken hoeveel wins die maatskappy verlede jaar gemaak het. Hy het die uitgawes van die inkomstes afgetrek, maar kort ‘n paar syfers.  Help hom om die ontbrekende syfers te vind. Kliek op die knoppie indien jy die som in ‘n groter formaat wil sien.   A1 = A2 = A3 = (3)

3.1 Die onkoste om ‘n ontsnapkamer te onderhou is R296 per k…

3.1 Die onkoste om ‘n ontsnapkamer te onderhou is R296 per kliënt.  ‘n Belegger belê R7 400 in die ontsnapkamer. Hoeveel kliënte kan hulle akkommodeer vir R7 400? (Vul die ontbrekende getalle in). Hier is die maaltafels van die deler: 1 x 296 = 296 2 x 296 = 592 3 x 296 = 888 4 x 296 = 1184 5 x 296 = 1480   Kliek op die knoppie indien jy die som in ‘n groter formaat wil sien.   An1= An2= An3= An4= An5=   (5)

5 VRAAG 5   Driehoek C is vergroot met ‘n skaalfaktor va…

5 VRAAG 5   Driehoek C is vergroot met ‘n skaalfaktor van 3 om by driehoek D uit te kom.  Beantwoord vrae 5.1- 5.2 in DIESELFDE teksboks hieronder. Onthou om jou antwoorde volgens die vraag te nommer en wys al jou stappe. Kliek op die knoppie. 5.1 Driehoek C het twee sye wat ewe lank is. Wat noem ons hierdie driehoek? (1) 5.2 Bepaal die lengte van sye g en f. Skryf ‘n getalsin/berekening om aan te dui hoe jy hierdie lengtes bepaal het.  (6)