1.3 ZILLIE VERVAARDIGERS Zillie Vervaardigers…
1.3 ZILLIE VERVAARDIGERS Zillie Vervaardigers vervaardig sakkies. Die onderstaande inligting is uit hulle rekords vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie geneem. GEVRA: 1.3.1 Verwys na inligting A hier onder en bereken die bedrag wat deur (a) aangetoon word. (2) 1.3.2 Doen ‘n berekening om die gelykbreekpunt van die getal eenhede te verifieer vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2020. (4) 1.3.3 Lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en die produksievlak vir albei jare. Haal relevante bedrae in jou kommentaar aan. (4) 1.3.4 Gee ‘n rede vir die verandering in die direkte materiaalkoste per eenheid. (2) 1.3.5 Gee TWEE voorstelle wat die onderneming kan doen om produksie en winsgewendheid te verbeter. Haal bedrae aan. (4) INLIGTING: KOSTES, PRODUKSIE, VERKOPE EN GELYKBREEKPUNT 30 JUNIE 2020 2019 TOTALE KOSTE EENHEIDS- KOSTE EENHEIDS- KOSTE Vaste koste ? 25,00 23,50 Fabrieksbokoste 225 000 18,00 17,00 Administratiewe koste (a) 7,00 6,50 Veranderlike koste ? 71,00 59,50 Direkte arbeidskoste 343 750 27,50 25,60 Direkte materiaalkoste 437 500 35,00 25,00 Verkoops- en distribusiekoste 106 250 8,50 8,90 Getal eenhede vervaardig en verkoop 12 500 11 000 Verkoopprys per eenheid R97,04 R83,00 Gelykbreek getal eenhede 12 001 11 000