1.4 Hieronder is ‘n uittreksel wat die infeksiesnelheid va…

Questions

1.4 Hierоnder is 'n uittreksel wаt die infeksiesnelheid vаn tuberkulоse verduidelik. Lees dit en beаntwоord die vrae wat volg. Suid-Afrika het die hoogste aantal tuberkulose-infeksies per bevolking en is verantwoordelik vir 5% van die wêreldwye TB-las.  Die voorkoms van TB het tussen 1996 en 2006 drievoudig toegeneem, en teen 2009 was daar 406 000 gevalle.  Die voorkomskoers word 948 per 100.000 geskat.  Ongeveer 1,8% van die nuwe TB gevalle is weerstandig teen veelvuldige medisyne (middelweerstandige TB), en ongeveer 6,7% van die herhaling behandelingsgevalle ontwikkel middelweerstandigheid. Suid-Afrika het die hoogste TB- en MIV-infeksiesyfer ter wêreld, wat staan op 73%. Tuberkulose is 'n hoofoorsaak van sterftes vir mense wat met MIV leef. MIV val 'n mens se immuunstelsel aan en maak hulle kwesbaar vir opportunistiese infeksies. Wanneer 'n persoon wat met MIV besmet is TB opdoen, vorder ‘n latente TB-infeksie baie vinniger tot ‘n aktiewe TB-siekte. Alhoewel beide toestande van tuberkulose behandel kan word is spesiale aandag en bewustheid van gesondheidswerkers nodig vir mense wat met MIV leef, om verdere komplikasies wat verband hou met MIV-TB-infeksie, te voorkom.    Aangepas vanaf:  South Africa and Tuberculosis (2021). Beskikbaar by: https://www.csis.org/blogs/smart-global-health/south-africa-and-tuberculosis (Verkry: 29 April 2021).

Which оf the fоllоwing symptoms is NOT considered а side effect of Lithium?