AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING: 1….
AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING: 1. Kredietverkope aan D. Maslaba vir R17 000 is nie geboekstaaf nie. Koste van verkope beloop R10 000. 2. Voorraad voorhande volgens die fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2019: ● Handelsvoorraad, R70 900 ● Verpakkingsmateriaal, R2 700 3. Waardevermindering op vaste bates beloop R48 700 vir die jaar. 4. ‘n Debiteur, N. Mokoena, is insolvent verklaar. Sy skuld van R4 500 moet as oninbaar afgeskryf word. 5. Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R2 600 aangesuiwer word. 6. Die water- en elektrisiteitrekening vir Februarie 2019 is ontvang, R1 600. Geen inskrywing is in die boeke gemaak nie. 7. Versekering sluit ‘n bedrag van R3 600 in vir die tydperk 1 November 2018 tot 31 Oktober 2019. 8. Die Bankstaat ontvang van Afrika Bank op 28 Februarie 2019 toon die volgende: ● Bankkoste van R745 en rente op lopende rekening R225. ● Onbetaalde tjek van ‘n debiteur (ter vereffening van sy rekening van R950) R910. 9. Rente op die vaste deposito is slegs vir 9 maande ontvang. Die vaste deposito was onveranderd gedurende die finansiële jaar. Rente word nie gekapitaliseer nie. 10. Huur is ontvang tot Maart 2019. Neem kennis dat die huur met 10% op 1 September 2018 verhoog het. 11. Die leningstaat ontvang vanaf Afrika Bank: Saldo op 1 Maart 2018 R 280 000 Rente gekapitaliseer ? Terugbetalings insluitende rente 95 000 Saldo op 28 Februarie 2019 220 000 Rente word gekapitaliseer. 12. Advertensies bestaan uit ‘n jaarlikse ooreenkoms met die koerant vir die hele finansiële jaar. Advertensies is slegs vir 11 maande betaal. Neem kennis dat die premie vanaf 1 November 2018 met R450 per maand verlaag is.