1.1 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volge…
1.1 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Tik slegs een woord per teksvak sonder spasies of leestekens. 1.1.1 Die studie van fossiele. (1) 1.1.2 Die plastiede in ‘n plantsel wat voedsel (stysel) in ‘n onoplosbare vorm berg. (1) 1.1.3 Die tipe voedingsisteem waar een organisme van ‘n ander organisme leef en sy gasheer beskadig. (1) 1.1.4 Die monomeer van ‘n proteïen. (1) 1.1.5 Die studie van die verspreiding van plant- en diersoorte in verskillende geografiese gebiede op die aarde. (1) 1.1.6 Growwe endoplasmiese retikulum het hierdie spesifieke organelle op die oppervlak. (1) 1.1.7 Die gebrek aan voldoende jodium in die dieet sal hierdie abnormaliteit veroorsaak. (1) 1.1.8 Die semi-woestynbioom wat rivierkonyne, vlermuise met jakkalse en soetdoringbosse bevat. (1) 1.1.9 Die monosakkaried wat in alle disakkariede en polisakkariede voorkom. (1) 1.1.10 ‘n Besondere gebied waarin lewende komponente van ‘n omgewing interaksie met mekaar het en met die nie-lewende komponente van dieselfde omgewing. (1)