VRAAG 3 Die verwantskap tussen die sterkte van die inter…
VRAAG 3 Die verwantskap tussen die sterkte van die intermolekulêre kragte en die kookpunt van vier organiese stowwe word ondersoek. Die organiese stowwe sowel as die onderskeie kookpunte word in die onderstaande tabel gegee: Regterklik op die onderstaande blou blokkie om die diagram vir Vraag 3 in ‘n nuwe venster oop te maak. 3.1 Definieër die term “kookpunt”. (2) 3.2 Watter verbinding(s) is ’n vloeistof by 50 °C? (1) 3.3 Noem die soort intermolekulêre krag wat tussen butaanmolekules aangetref word. (1) 3.4 Verduidelik die verskil tussen die kookpunte van die volgende stowwe deur te verwys na die sterkte van intermolekulêre kragte, die soort intermolekulêre kragte en/of die struktuur van molekules asook die energie. 3.4.1 Pentaan en 2-metielbutaan (3) 3.4.2 Pentaan en 2-metielpropan-2-ol (3)