Die beamptes wat in die ontvangskantore werk, druk steeds do…
Die beamptes wat in die ontvangskantore werk, druk steeds dokumente vir elke transaksie uit. 9.1 Stel voor dat hulle eerder in een of twee skandeerders belê deur die TWEE mees algemene voordele te gee daarvan om harde kopieë soos die ID’s van kliënte in digitale formaat te laat skandeer en in digitale formaat te stoor plaas daarvan om dit uit te druk. (2) Omdat hulle gereeld met naburige munisipaliteite vergader, stel die raad voor dat hulle begroot vir webkameras vir al die rekenaars sowel as die skootrekenaars wat gebruik word. Jy het vir hulle gesê dat die meeste skootrekenaars reeds geïntegreerde webkameras het. 9.2 Verduidelik aan hulle wat die term ‘geïntegreerd’ beteken. (1) Aangesien sommige van die personeel by die ontvangstoonbank nie behoorlik opgelei is in die oplossing van tegnologiese probleme nie, ondervind hulle dikwels drukkerprobleme. Help hulle om hulself te help deur te verduidelik hoe die meeste drukkerprobleme opgelos kan word. Sommige drukkerprobleme kan opgelos word deur die krag- en drukkabels na te gaan en net te kyk of die krag aan is. 9.3 Gee TWEE ander probleme wat kan veroorsaak dat ‘n drukker glad nie wil druk nie. (2)