VRAAG 1: AARP-BEGINSELS (5 punte; 4 minute)…
VRAAG 1: AARP-BEGINSELS (5 punte; 4 minute) 1.1 Die volgende transaksies is geneem uit die boeke van Lunabugz. Die onderneming se rekenpligtige tydperk eindig 28 Februarie 2019. Bestudeer elke transaksie en kies die korrekte AARP-beginsel wat van toepassing is. (5) GEVRA 1.1.1 Kredietverkope aan D. Maslaba vir R17 000 is nie geboekstaaf nie. Koste van verkope beloop R10 000. 1.1.2 Waardevermindering op vaste bates beloop R48 700 vir die jaar. 1.1.3 Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R2 600 aangesuiwer word. 1.1.4 Versekering sluit ‘n bedrag van R3 600 in vir die tydperk 1 November 2018 tot 31 Oktober 2019. 1.1.5 Die eienaar van Lunabugz het die Powerball gewen. Hy het nie die wengeld in die Inkomstestaat van sy onderneming aangeteken nie. 5