Vraag 4 – Webontwerp (HTML) Jy is gevra om ’n webblad vir…
Vraag 4 – Webontwerp (HTML) Jy is gevra om ’n webblad vir die skool se intranet te finaliseer. Maak die onvoltooide 4OlympicsRe-webblad in ’n webblaaier, asook in ’n HTML-redigeerder soos Notepad++ oop (NIE in ’n woordverwerker soos Word nie). Let op: Vraagnommers is as kommentare in die lêer bygevoeg om aan te dui min of meer waar jou antwoorde ingevoeg moet word. Moet asseblief nie hierdie kommentare uitvee nie. ’n HTML tag-blad is vir verwysing aan die einde van die vraestel aangeheg. Jou finale webblad behoort soortgelyk aan die voorbeeld hieronder te lyk: Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien: 4.1 Voeg HTML-kode by sodat die teks ‘Olympics’ in die ‘tab’ van jou webblaaier verskyn wanneer mens die webblad in die webblaaier oopmaak. (1) 4.2 Vind die teks ‘Olympic games’ aan die bokant van die webblad.Formateer die teks met die grootste Heading-styl. (1) 4.3 Vind die teks ‘The Olympic games … ancient Greece’ onder die opskrif ‘Olympic games’.Voeg HTML-kode by sodat die teks soos volg as ’n enkele paragraaf vertoon (sonder die raampie): Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien: (2) 4.4 Vind die teks ‘PASTE HERE’ op die webblad.Vervang hierdie teks met net die eerste paragraaf van die dokument 4InfoRe.docx. (2) 4.5 Vind die teks wat met ‘Why not become a member …’ begin, en met ‘twice weekly.’ eindig, naby die onderkant van die webblad. Voeg HTML-kode by sodat die teks soos volg vertoon (sonder die raampie): Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien: Let op: Slegs die woorde ‘Olympics Fan Club’ (in die eerste reël) moet in vetdruk (bold) geformateer wees. Daar moet ’n spasie (‘oop reël’) tussen die teks ‘Meetings take place twice weekly.’ en die teks daarbo wees. (2) 4.6 Voeg ’n horisontale lyn in, in die posisie in die voorbeeld aangetoon. (1) 4.7 Vind die teks ‘Copyright Olympics’ aan die onderkant van die webblad.Sorg dat net die woord ‘Copyright’ sal vertoon wanneer die lêer in ’n webblaaier oopgemaak word. MOENIE enige teks uitvee nie. (1) Stoor op jou rekenaar en LAAI in die volgende ‘Quiz’ op.