AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: Lees die leesstuk en be…
AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: Lees die leesstuk en beantwoord die vrae daarna. Druk REGS op die onderstaande blou blokkie om jou begripstoets in ‘n ander bladsy oop te maak. (10) TEKS A STAPPE OM ’N MOTORONGELUK SUKSESVOL TE HANTEER Letitia Watson, Die Burger, 24 Maart 2012 1 As jy in ’n ongeluk was, moet jy dadelik stop en vasstel of enigiemand beseer of dood is en of daar enige skade aan enige derde party berokken is – mits jy daartoe in staat is. ’n Ooggetuie kan help indien nodig. 2 Nadat daar na die welsyn van alle betrokkenes omgesien is, is dit belangrik om die polisie en ander nooddienste te skakel om hulle in te lig dat ’n ongeluk plaasgevind het. 3 “Totdat die polisie opgedaag het, mag geen voertuig wat by die ongeluk betrokke was, beweeg word nie – dit geld ook, indien moontlik, vir enige mense wat beseer is,” sê mnr. Nazeer Hoosen, uitvoerende direkteur van PPS se korttermyn versekeringsafdeling. 4 Bly kalm en kry die derde party se besonderhede, soos die fabrikaat, model en registrasienommer van die voertuig, asook die besonderhede van die bestuurder of eienaar, ook sy of haar identiteitsnommer, telefoonnommers, posadres, e-posadres, en besonderhede van sy of haar werkgewer en versekeringsmaatskappy. 5 Hoosen beveel aan dat jy foto’s van die toneel neem, met spesifieke klem op die beskadigde voertuie en eiendom voor die voertuie weggesleep word. Die foto’s kan dalk later as bewysstukke vir versekeringseise gebruik word. 6 Meld die ongeluk by die naaste polisiekantoor aan en gee jou versekeraar die volle besonderhede rakende die ongeluk, insluitend die saaknommer wat jy by die polisie gekry het.