AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING 1….
AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING 1. Die debiteur, A. Adams, stuur goedere met ‘n verkoopsprys van R6480 terug. Die winsopslag persentasie is 80% op kosprys. Die transaksie is nooit geboekstaaf nie. 2. Daar is ‘n fisiese voorraadopname op 29 Februarie 2016 gedoen en die waarde van die voorraad voorhande beloop R67 500. 3. Verpakkingsmateriaal ten bedrae van R6 750 is gedurende die finansiële tydperk gebruik. 4. Die rekening vir water en elektrisiteit is vanaf die stadsraad vir R1200 ontvang. Geen inskrywing is gemaak nie. 5. M. Mbiza, ‘n debiteur, is insolvent verklaar. Die besigheid ontvang ‘n finale dividend van 40 sent uit elke rand. Die R360 wat ontvang is, is behoorlik geboekstaaf en op 26 Februarie 2016 gebank. Die uitstaande bedrag moet as oninbaar afgeskryf word. 6. Die bankstaat ontvang van Bank van Afrika toon op 29 Februarie 2016 die volgende: ● Bankkoste, R200 ● Rente op lopende rekening, R155 ● Geweierde tjek (ter vereffening van sy skuld van R490) vir R450. 7. Die voorsiening vir oninbare skuld moet tot R2 220 aangesuiwer word. 8. Versekeringsuitgawes sluit ‘n jaarlikse premie van R1 320 in wat vir die tydperk 1 Augustus 2015 tot 31 Julie 2016 betaal is. 9. Een werknemer is uit die salarisjoernaal vir Februarie 2016 uitgelaat: Bruto Salaris Aftrekkings Werkgewers- bydrae Netto Salaris ? R3 650 R750 R10 400 10. Die huur inkomste sluit die huurgeld vir Maart en April 2016 in. Let daarop dat die huur op 1 Oktober 2015 met 10% verhoog is. 11. Die leningstaat wat van die Bank van Afrika ontvang is: R Saldo op 1 Maart 2015 277 000 Rente gekapitaliseer ? Terugbetalings gedurende die jaar insluitend rente 90 000 Saldo op 29 Februarie 2016 215 000 Rente is aan die begin van die jaar gekapitaliseer. 12. Sommige van die rente op die vaste deposito is steeds uitstaande vir die huidige jaar. Die vaste deposito was onveranderd gedurende die jaar. 13. Waardevermindering op vaste bates beloop R34 000 vir die jaar. 65