AFDELING A: Onderwêreld deur Fanie Viljoen …
AFDELING A: Onderwêreld deur Fanie Viljoen Teks A Lees die gedeelte uit Onderwêreld deeglik deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. “Pa!” sê hy. Die woord kom lê tussen hulle. ʼn Eggo. …Die seun se hand gly van die deurhandvatsel af en val langs sy sy. Hy sê steeds niks nie. Maar binne in hom weerklink sy pa se stem… Sy naam los op in die donker. Verdwyn. Maar dis goed so, want jare later sou hy vir homself ʼn ander kies. Een waarmee hy die vrees kon uitdryf. * * * * * * Ek sit net af na die trap toe, toe ek ʼn vreemde gesig tussen die ander ouens raaksien. Donkerkop. Ongeskeer. Strak gesig. Sy oë kyk ʼn oomblik lank na my van onder sy donker wenkbroue, flits dan weer weg. Hy stap af met die gang. Oor sy skouer hang daar ʼn laptopsak. In een hand hou hy n stuk gevoude papier en ʼn sportsak vas, in die ander ʼn tas. En ek kan dit sommer ruik: ʼn nuweling. Kan jy nou meer? In ons laaste jaar. Sy pa moet connections uit ʼn ander wêreld hê. “Is jy seker jy is op die regte vloer?” vra ek toe ek hom inhaal. “Ek kan tel,” sê hy, terwyl sy oë lank op my vasgenael bly. Moeilikheid, sien ek. Hierdie ou soek moeilikheid. “Ja, maar kan jy tot vyf tel? Hierdie vloer is net vir Matrieks.” “Zero’s en One’s is al wat jy nodig het,” sê hy. Ek frons, weet nie wat hy bedoel nie. Ek kan sien hy weet dit. “Wie’s jy?” vra ek. Hy bly vir ʼn oomblik stil en kyk my net aan, sê dan: “Eckardt. My naam is Eckardt.” Toe draai hy om en loop verder die gang af. * * * * “My Here tog! John!” het my ma geskree. Ambulansdeure wat stadig oopgemaak word by die hospitaal. Nooddienspersoneel met geboë skouers. Verby. * * * * * * En nou is daar rumours. Eckardt het selfmoord gepleeg. Dit voel soos ʼn goor fliek wat jy alreeds gesien het. Hoekom sal dit weer gebeur? (330 woorde)