AFDELING C : DRAMA – DIE TESTAMENT Beantwoord ÓF VRAAG 8 (op…
AFDELING C : DRAMA – DIE TESTAMENT Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: OPSTELVRAAG Die uiterlike en innerlike bou is belangrik in enige drama. Bespreek die bou van “Die Testament” in ‘n opstel van 300-350 woorde, deur na die uiterlike bou van hierdie drama te verwys, asook na die fases en gebeure by die innerlike bou(Eksposisie tot by die afloop.) Toon aan hoe die fases en gebeure die inhoud ondersteun. TOTAAL VRAAG 8: AFDELING C: DRAMA – DIE TESTAMENT VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAE Lees die uittreksels (TEKS H en I) hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. Kliek regs op die blou knoppie om TEKS H en I te besigtig: TEKS H 1. HERMAN: (blaai deur koerant) Katinka, die Pick Six het gister sewe honderd duisend uitbetaal. (Knip material met skêr op houtblad) 2. KATINKA: (Verontwaardig) Herman hoeveel het jy al daar verloor? Jy speel perde en ek swoeg om vir Zenobia ‘n rok te maak vir die jaareindfunksie. 3. HERMAN: (Vou koerant op) Ag my vrou, gaan koop ‘n nuwe een. Die paar rand wat jy spaar, gaan ons nie uit die rooi uit kry nie. AGTERGROND. TELEFOON LUI. 4. HERMAN: Ek hoop nie dis die bankbestuurder nie. 5. KATINKA: Hy sal nie na ure bel nie. 6. HERMAN: Miskien moet jy gaan hoor, Katinka. 7. KATINKA: Ek kan nie, ek is besig. (Sny met skêr) TEKS I 8. ZENOBIA:(Afstand. Telefoon lui) Zenobia Rousseau, goeiemiddag … Net ‘n oombli, ek roep hom. (Roep) Pa! Dis vir jou! 9. HERMAN: (Geïrriteerd) Ag tog … (Weg) Ek kom! (Deur toe) 10. ZENOBIA:(Nader) Hoekom maak Pa altyd die deur toe? Asof hy iets wegsteek. 11. KATINKA: Tweede natuur. Jou musiek is gewoonlik oorverdowend.