B. Veranderinge in Kapitaalbydraes: Di…
B. Veranderinge in Kapitaalbydraes: Die volgende transaksies is korrek geboekstaaf: ● H. Pollard het op 1 November 2018 sy kapitaalbydrae met R250 000 verhoog. ● Op 1 Desember 2018 het E. Jantjies sy kapitaal verminder met R150 000 . Die onderstaande transaksie is nie geboekstaaf nie: ● Op 28 Februarie 2019, het H. Pollard sy kapitaal verminder met R50 000. C. VERDELING VOLGENS DIE VENNOOTSKAPSOOREENKOMS: Rente op Kapitaal: ● Pollard is geregtig op 12% per jaar op sy kapitaalsaldo. ● Jantjies is geregtig op R49 500 in totaal vir die jaar. Salaristoelaag: ● Jantjies ontvang R144 000 vir die jaar. ● Pollard se maandelikse salaris is R2 000 minder as Jantjies se salaris. Jaarlikse bonus: ● Pollard ontvang ‘n jaarlikse bonus van R15 000. Finale verdeling van winste: ● Die oorblywende wins van R16 000 word in die verhouding 3:2 tussen Pollard en Jantjies verdeel. D. Die lening is op 1 Mei 2017 by FR Finkom aangegaan. Die lening word terugbetaal in gelyke maandelikse paaiemente oor ‘n tydperk van 6 jaar. Rente word nie gekapitaliseer nie en alle betalings, insluitend die huidige finansiële jaar is tot op datum betaal. E. Besonderhede van ‘n werknemer wat uit Februarie 2019 se Salaris-joernaal weggelaat is: Bruto Salaris Aftrekkings Werkgewersbydraes Netto Salaris Pensioen Fonds WVF SAID: LBS TOTAAL Pensioen- fonds WVF R12 000 ? R120 ? R3 800 R1 440 R120 R8 200 ● Die besigheid dra R1,50 vir elke R1 tot die Pensioenfonds by en R1 vir elke R1 aan WVF.