Complete the sentences with the correct form of ser or estar…

Complete the sentences with the correct form of ser or estar.  á é í ó ú Ellos profesores y muy inteligentes. Sofía Vergara colombiana; de Colombia. Tú siempre cansado porque no duermes bien. importante dormir mucho para no enfermarse. Las clases de español en la facultad de lenguas extranjeras. Hoy el 19 de junio. No puedo mirar la tele ahora porque haciendo la tarea. Nosotros en la sala de emergencia porque nuestro amigo enfermo.

VRAAG 1 (WAARDEVERMINDERING 40 PUNTE)   Jan van Wyk be…

VRAAG 1 (WAARDEVERMINDERING 40 PUNTE)   Jan van Wyk besit ‘n afleweringsonderneming, Speedy Afleweraars.  Tans besit hy een afleweringsvoertuig, ‘n KIA K2700 Workhorse, wat hy op 1 Desember 2019 teen R180 000 aangekoop het.  Volgens die waardeverminderingsbeleid van die onderneming word waardevermindering op voertuie teen ‘n koers van 20% op die kosprys afgeskryf.  Jan was nalatig en het vergeet om die vaste bateregister vir hierdie voertuig op datum te hou.  Hy benodig jou hulp.   Neem kennis:  Die huidige finansiële jaar van die onderneming eindig 28 Februarie 2021.   OPDRAG:   1.1 Voltooi die vaste bateregister vir Jan se KIA K2700 Workhorse afleweringsvoertuig op die gegewe antwoordblad deur:   1.1.1 Die ontbrekende inligting A – D te verskaf. (5) 1.1.2 Die tabel met die rekord van waardevermindering te voltooi deur die waardevermindering, opgehoopte waardevermindering en drawaarde vir die twee jaar geëindig 28 Februarie 2021 te bereken.          (11) 1.2 Jan besit ook besigheidstoerusting (‘n selfoon en ‘n skootrekenaar).  Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae wat volg.   Neem kennis: Die huidige finansiële jaar van die onderneming eindig 28 Februarie 2021.     Uittreksel uit die VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS op 28 Februarie 2021:   DEBIET KREDIET Balansstaatrekeninge-afdeling     Toerusting R10 500   Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Maart 2020)   R2 000     Die volgende transaksies en jaar-eind aansuiwerings is nog NIE geboekstaaf NIE: Koop nog ‘n skootrekenaar op 1 September 2020 aan teen ‘n koste van R 6 000. Waardevermindering moet afgeskryf word op toerusting teen ‘n koers van 15% op die verminderde saldo-metode.  

1.2.1 Bereken die totale waardevermindering op die toerust…

1.2.1 Bereken die totale waardevermindering op die toerusting op 28 Februarie 2021.  Toon alle berekeninge. (9) 1.2.2 Teken die totale waardevermindering op toerusting vir die jaar (soos bereken by 1.2.1) aan in die Algemene Joernaal op 28 Februarie 2021.                             (4) 1.3 Jan se pa, Janneman besit ‘n plaas.  Hy het R7 000 se waardevermindering op sy Bantam bakkie afgeskryf vir die huidige finansiële jaar.  Hy verstaan egter nie hoe hierdie transaksie sy Bates, Eienaarsbelang en Laste sal beïnvloed nie.  Hy vra jou om hom te help deur die effek op die rekenkundige vergelyking aan te toon.  Verskaf ook ‘n rede vir die effek.   Toon ‘n toename met ‘n +, ‘n afname met ‘n – en geen verandering met ‘n 0.                                           Volg die voorbeeld soos verskaf op die antwoordblad.     (6) 1.4 Op watter tipe vaste bate word daar GEEN waardevermindering afgeskryf nie?  Geen ‘n rede vir jou antwoord. (3) 1.5 Die Verminderde saldo-metode word as ‘n meer realistiese metode beskou as die Kosprys-metode.  Verduidelik hierdie stelling. (2)