Vraag 4 – Webontwerp (HTML) Jy is gevra om ’n webblad vir…

Vraag 4 – Webontwerp (HTML) Jy is gevra om ’n webblad vir die skool se intranet te finaliseer. Maak die onvoltooide 4OlympicsRe-webblad in ’n webblaaier, asook in ’n HTML-redigeerder soos Notepad++ oop (NIE in ’n woordverwerker soos Word nie). Let op: Vraagnommers is as kommentare in die lêer bygevoeg om aan te dui min of meer waar jou antwoorde ingevoeg moet word. Moet asseblief nie hierdie kommentare uitvee nie. ’n HTML tag-blad is vir verwysing aan die einde van die vraestel aangeheg. Jou finale webblad behoort soortgelyk aan die voorbeeld hieronder te lyk: Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien:   4.1 Voeg HTML-kode by sodat die teks ‘Olympics’ in die ‘tab’ van jou webblaaier verskyn wanneer mens die webblad in die webblaaier oopmaak. (1) 4.2 Vind die teks ‘Olympic games’ aan die bokant van die webblad.Formateer die teks met die grootste Heading-styl. (1) 4.3 Vind die teks ‘The Olympic games … ancient Greece’ onder die opskrif ‘Olympic games’.Voeg HTML-kode by sodat die teks soos volg as ’n enkele paragraaf vertoon (sonder die raampie): Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien:   (2) 4.4 Vind die teks ‘PASTE HERE’ op die webblad.Vervang hierdie teks met net die eerste paragraaf van die dokument 4InfoRe.docx. (2) 4.5 Vind die teks wat met ‘Why not become a member …’ begin, en met ‘twice weekly.’ eindig, naby die onderkant van die webblad. Voeg HTML-kode by sodat die teks soos volg vertoon (sonder die raampie):  Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien:   Let op: Slegs die woorde ‘Olympics Fan Club’ (in die eerste reël) moet in vetdruk (bold) geformateer wees. Daar moet ’n spasie (‘oop reël’) tussen die teks ‘Meetings take place twice weekly.’ en die teks daarbo wees. (2) 4.6 Voeg ’n horisontale lyn in, in die posisie in die voorbeeld aangetoon. (1) 4.7 Vind die teks ‘Copyright Olympics’ aan die onderkant van die webblad.Sorg dat net die woord ‘Copyright’ sal vertoon wanneer die lêer in ’n webblaaier oopgemaak word. MOENIE enige teks uitvee nie. (1) Stoor op jou rekenaar en LAAI in die volgende ‘Quiz’ op.

1.11 Vind die verhelderde paragraaf onder die opskrif ‘The…

1.11 Vind die verhelderde paragraaf onder die opskrif ‘The Olympics Through the Years’. Formateer die teks om soos volg te vertoon, sonder die buitenste raam (moenie enige kleure verander nie): Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien: (1) 1.12 Vind die prentjie onder die opskrif ‘The Olympics Through the Years’. Plaas ’n hiperskakel op die prentjie sodat die skakel (link) die gebruiker na die bokant van die dokument (Top of the Document) neem, d.w.s. na die eerste bladsy van die dokument. (1) 1.13 Vind die vormvelde (form fields) op die laaste bladsy. Verander die kenmerke (properties) van hierdie vormvelde, soos aangetoon langs die etikette wat hieronder gelys word: Name and surname: Die gebruiker moet teks in die veld kan intik. Event: Die gebruiker moet een van die volgende opsies, in dieselfde volgorde as wat hieronder aangetoon word, kan kies: Athletics Boxing Swimming More info please: Die merkhokkie (Check Box) moet soos volg vertoon wanneer die gebruiker die dokument oopmaak. Email address: Enige teks wat in hoofletters (uppercase) ingetik word, moet outomaties na kleinletters (lowercase) omgeskakel word. Motivation: As die gebruiker die F1-sleutel druk, moet die volgende boodskap vertoon word: ‘Max characters 100’. Let op: Moet NIE redigering van die dokument beperk nie (restrict editing).   (6) 1.14 Gebruik tabelstoppunte om ’n horisontale lyn onder die vormvelde op die laaste bladsy te skep. Die streep moet presies 15 cm lank wees. Die streep moet op dieselfde plek voorkom as wat op die volgende skermkopie aangetoon word: Regsklik: “Open in new tab” – om die voorbeeld te sien: (3) 1.15 Onderstreep met ’n dubbellyn alle voorkomste van die woord ‘games’, waar dit as ’n woord op sy eie in kleinletters voorkom, bv. games. (3) 1.16 Voeg outomatiese bladsynommering in die bladsyonderskrif (footer) soos volg in: Die eerste bladsy moet nie ’n bladsynommer hê nie. Die tweede, en daaropvolgende bladsye, moet met die formaat 1, 2, 3, … genommer word, en moet by 1 begin. Met ander woorde, die tweede bladsy moet as 1 genommer word, die derde bladsy as 2, ens. (3)   Stoor op jou rekenaar en LAAI in die volgende ‘Quiz’ op.