VRAAG 3 Die grafiek hieronder toon die temperatuurverand…

VRAAG 3 Die grafiek hieronder toon die temperatuurverandering van ‘n sekere stof oor tyd. Regterklik op die blou blokkie hieronder om die GRAFIEK in ‘n nuwe venster oop te maak. 3.1 Definieer die term smeltpunt. (2) 3.2 Verduidelik die veranderinge in die stof wat voorkom vanaf:     3.2.1. t2 – t3 (2)   3.2.2. t4 – t5 (2) 3.3 Beskryf die toestand van die stof vanaf:     3.3.1. t1 – t2 (2)   3.3.2. t5 – t6 (2) 3.4 Hitte word toegepas op die stof by t5. Gebruik die kinetiese molekulêre teorie en gee ‘n beskrywing van wat met die deeltjies van die stof gebeur. (5)