LEES DIE VOLGENDE UITTREKSEL EN BEANTWOORD DAN DIE VRAE….
LEES DIE VOLGENDE UITTREKSEL EN BEANTWOORD DAN DIE VRAE. 1. “Kry daardie rekenaartegnikus…uh, Thomas…” “Thompsen,” help meneer Andersen vir Dok Pienaar. “Kry vir Thompsen, dat hy kom kyk” 2. “Maar sal hy so laat in die aand uitkom, Dok?” vra meneer Andersen. “Hy bly op Harrismith. Hy sal die hele ent pad moet inry-“ 3. “Dis waarvoor hy betaal word, verdomp!” Van sy stemtoon kan ek aflei dat Dok se bal nou lekker knyp. Maar waaroor? Wat is fout met die rekenaars? Hulle het iets gepraat van die leerderdatabasis. Die antwoord kom gouer as wat ek verwag. 4. “Jy is seker jy het reg gekyk, Pete? Dreun Dok. Meneer Andersen se stem is kalm, maar die benoudheid slaan nogtans deur: “Ek sê vir jou, Dok. Daar is géén kontakpersone op Eckardt se skoolrekords nie. Nie eens sy ouers se name nie. Geen adres, geen telefoonnommers. Niks. Net sy naam: Eckardt Wilken.” 5. Weer alleen in my donker koshuiskamer en ek kan nie slaap nie. Dis asof Eckardt my nie wíl laat slaap nie. Hy is weg maar nou eweskielik meer teenwoordig as ooit. Nes John in daardie eerste stormdae ná sy dood. Die dae van verskriklike woede. In my agterkop bly iets net sê: ek hoop Eckardt is oukei, ek hoop nie hy het iets stupids loop en aanvang nie. 6. En ás hy iets doms aangevang het, wat dan?