Verwys na Bron 1 A 1.1.1 Verduidelik waarom D Wylie glo d…
Verwys na Bron 1 A 1.1.1 Verduidelik waarom D Wylie glo dat Shaka NIE ‘n patologiese moordenaar was nie. (1×2) (2) 1.1.2 Volgens Wylie, wat was DRIE leierseienskappe van Shaka? (3×1) (3) 1.1.3 Lewer kommentaar op hoekom jy dink die Europeërs Shaka as ‘n moordenaar wou uitbeeld. (2×2) (4) 1.1.4 Verduidelik wat Wylie bedoel wanneer hy se: “Ek probeer Shaka nie onskuldig laat lyk nie” (1×2) (2) 1.1.5 Haal ‘n reël aan uit die Bron wat wys dat Shaka se moorde regverdig was? (1×2) (2) Bestudeer Bron 1B 1.2.1 Volgens Nathaniel Isaacs, waarom moet Henry Francis Fynn vir Shaka in ‘n negatiewe lig stel? (2×1) (2) 1.2.2 Verduidelik waarom ‘n bron van Fynn se dagboek deur ‘n historikus oorweeg kan word as betroubaar sowel as ‘n beperking. (2×2) (4) 1.2.3 Vergelyk Bron 1 A en 1B. Verduidelik hoe hierdie bronne vir Shaka in die geskiedenis uitbeeld. (2×2) (4) Bestudeer Bron 1C 1.3.1 Watter DRIE hoofmanskappe het Shaka saamgevoeg om die Zulu- nasie te vorm? (3×1) (3) 1.3.2 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Shaka ‘n wrede tiran was. (1×2) (2) 1.3.3 Watter verduideliking gee geskiedkundiges vir die manier waarop Shaka op sy moeder se dood gereageer het? (1×2) (2) 1.3.4 Lewer kommentaar oor of Mzilakazi geregverdig was om vir die AmaZulu te vlug. (2×2) (4) 1.3.5 Verduidelik in watter mate die inligting in hierdie bron beskou kan word as ‘n betroubare verslag oor die Mfecane. (2×2) (4) Gebruik Bron 1D 1.4.1 Hoe word Shaka in die prent verteenwoordig? Gebruik visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun. (2×2) (4) Verwys na Bronne 1A-1D 1.5 Gebruik die inhoud van relevante bronne sowel as jou eie kennis en skryf ‘n paragraaf van omtrent 8 AGT reëls (80 woorde) waar jy verduidelik hoe Shaka reg deur die geskiedenis uitgebeeld is. (8)