VRAAG 1 1.1 Watter getal moet by 756 526 gevoeg…
VRAAG 1 1.1 Watter getal moet by 756 526 gevoeg word om 1 253 777 te kry? Gebruik die kolom-metode en onderstreep jou finale antwoord. (3) 1.2 Theo werk vir 168 ure by die ontsnapkamer terwyl Susan vir 156 ure werk. Saam verdien hulle ‘n totaal van R9 396. Help hulle asseblief om die geld regverdig tussen die twee van hulle te verdeel. (6) 1.3 Lys al die faktore van 20 in stygende volgorde. (1) 1.4 Bestudeer die volgende geometriese patroon en teken term 4 en term 5. (2) 1.5 Illustreer die vyf verskillende soorte transformasies. Teken vir elke transformasie ‘n hartjie ❤ en dan ‘n tweede hartjie wat die transformasie wat plaasgevind het aan toon. Benoem elke tekening volgens die transformasie wat plaasgevind het. (5)