VRAAG 1: BANKVERSOENING, INTERNE KONTROLE EN BEGRIPPE [63 p…
VRAAG 1: BANKVERSOENING, INTERNE KONTROLE EN BEGRIPPE VRAAG 1.1 BEGRIPPE Voltooi elkeen van die volgende sinne. 1.1.1 ʼn Tjek wat ouer as ses maande is, sal nie deur die bank aanvaar word nie omdat dit ʼn … is. (1) 1.1.2 Toestemming verleen aan ʼn derde party om maandeliks outomatiese betalings uit die lopende rekening van ʼn besigheid te ontvang, staan bekend as ‘n… (1) 1.1.3 ʼn Bedrag wat ʼn bank maandeliks van die rekeninghouer se rekening aftrek, wat gebruik word om die bankrekening te bestuur is … (1) 1.1.4 ʼn Inskrywing wat as ʼn ‘onbetaalde’ tjek op die bankstaat aangedui word, sal beskou word as ‘n … (1) 1.1.5 ʼn Fasiliteit waarby ʼn besigheid meer geld uit sy lopende rekening mag gebruik as die hoeveelheid geld wat die besigheid in sy lopende rekening beskikbaar het is ‘n … (1)