VRAAG 1: BEGRIPPE, NOTAS EN BALANSSTAAT (75 punte; 45 minut…
VRAAG 1: BEGRIPPE, NOTAS EN BALANSSTAAT (75 punte; 45 minute) 1.1 BEGRIPPE Kies ‘n term om elk van die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs die term langs die vraagnommer neer (1.1.1–1.1.4) in die ANTWOORD-BOEK. aandeelhouer(s); eksterne ouditeur(e); direkteur(e); interne ouditeur(e) 1.1.1 … word deur die aandeelhouers aangestel om die maatskappy te bestuur. 1.1.2 Die … word deur die maatskappy in diens geneem om ‘n funksionele interne kontroleproses daar te stel. 1.1.3 ‘n … is ‘n persoon wat in ‘n maatskappy belê deur aandele te koop. 1.1.4 … word deur aandeelhouers aangewys om ‘n onpartydige mening oor die finansiële state te maak. (4) 1.2 Jy word voorsien van inligting rakende Dynamo Beperk vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. GEVRA: 1.2.1 Bereken die ontbrekende bedrae (i) tot (vi) uit die Vaste Bate nota soos op 28 Februarie 2021. (28) 1.2.2 Stel die Behoue inkomste nota tot die Finansiële State op soos op 28 Februarie 2021. (10) 1.2.3 Voltooi die Balansstaat van Dynamo Beperk vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. (33) INLIGTING: A. Die volgende bedrae is uittreksels uit die rekeningkunde rekords aan die einde van die finansiële jaar op 28 Februarie 2021: R Gewone Aandelekapitaal ? Behoue inkomste (1 Maart 2020) 342 000 Vaste deposito: Bunny Bank ? Verbandlening: Long Bank ? Vaste/Tasbare bates ? Debiteurekontrole ? Bank (Dt.) 55 500 Kleinkas en wisselgeld 4 500 Voorraad ? Krediteurekontrole ? SAID (Inkomstebelasting – voorlopige belasting betalings) 426 500