VRAAG 1 (WAARDEVERMINDERING 40 PUNTE) Jan van Wyk be…
VRAAG 1 (WAARDEVERMINDERING 40 PUNTE) Jan van Wyk besit ‘n afleweringsonderneming, Speedy Afleweraars. Tans besit hy een afleweringsvoertuig, ‘n KIA K2700 Workhorse, wat hy op 1 Desember 2019 teen R180 000 aangekoop het. Volgens die waardeverminderingsbeleid van die onderneming word waardevermindering op voertuie teen ‘n koers van 20% op die kosprys afgeskryf. Jan was nalatig en het vergeet om die vaste bateregister vir hierdie voertuig op datum te hou. Hy benodig jou hulp. Neem kennis: Die huidige finansiële jaar van die onderneming eindig 28 Februarie 2021. OPDRAG: 1.1 Voltooi die vaste bateregister vir Jan se KIA K2700 Workhorse afleweringsvoertuig op die gegewe antwoordblad deur: 1.1.1 Die ontbrekende inligting A – D te verskaf. (5) 1.1.2 Die tabel met die rekord van waardevermindering te voltooi deur die waardevermindering, opgehoopte waardevermindering en drawaarde vir die twee jaar geëindig 28 Februarie 2021 te bereken. (11) 1.2 Jan besit ook besigheidstoerusting (‘n selfoon en ‘n skootrekenaar). Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae wat volg. Neem kennis: Die huidige finansiële jaar van die onderneming eindig 28 Februarie 2021. Uittreksel uit die VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS op 28 Februarie 2021: DEBIET KREDIET Balansstaatrekeninge-afdeling Toerusting R10 500 Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Maart 2020) R2 000 Die volgende transaksies en jaar-eind aansuiwerings is nog NIE geboekstaaf NIE: Koop nog ‘n skootrekenaar op 1 September 2020 aan teen ‘n koste van R 6 000. Waardevermindering moet afgeskryf word op toerusting teen ‘n koers van 15% op die verminderde saldo-metode.