VRAAG 2: NOTAS TOT DIE BALANSSTAAT EN UITTREKSEL UIT DIE BAL…
VRAAG 2: NOTAS TOT DIE BALANSSTAAT EN UITTREKSEL UIT DIE BALANSSTAAT (61 punte; 48 minute) 2.1 PJ HANDELAARS Die onderstaande inligting is ’n uittreksel uit die boeke van PJ Handelaars, met vennote H. Pollard en E. Jantjies. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2019. GEVRA: 2.1.1 Berei die volgende notas tot die Balansstaat voor vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2019: ● Kapitaal (8) ● Privaatrekeninge (12) ● Handels- en ander betaalbares Nota: Toon alle betaalbare bedrae onder die nota, behalwe oortrokke bank en die huidige deel van die lening. (11) 2.1.2 Voltooi die Ekwiteit en Laste-afdeling van die Balansstaat op 28 Februarie 2019. (14) INLIGTING: A. Saldo’s vanuit die Grootboek op 28 Februarie 2019. R Kapitaal: H. Pollard (1/2/2019) 600 000 Kapitaal: E. Jantjies (28/2/2019) 300 000 Privaatrekening: H. Pollard (1/3/2018) 22 500 Kt Privaatrekening: E. Jantjies (1/3/2018) 57 600 Dt Onttrekkings: H. Pollard 72 000 Onttrekkings: E. Jantjies 96 000 Lening: FR Finkom 450 000 Krediteurekontrole 62 750 SAID: LBS 13 500 Bank 16 600 Kt Opgelope uitgawes / Uitgawes betaalbaar 12 700 Vooruitontvange inkomste 4 600 Opgelope inkomste / Inkomstes ontvangbaar 17 000 Vooruitbetaalde uitgawes 16 300