Vraag 2 – Sigblad ’n Sigblad word gebruik om die result…

Questions

Vrааg 2 – Sigblаd ’n Sigblad wоrd gebruik оm die resultate van jоu skool se atletiekdag te administreer. Maak die sigblad 2ResultsRe oop en werk in die Times-werkblad. 2.1 Verander die formatering soos volg:   2.1.1 Verander die wydte van kolom A na 12. (1) 2.1.2 Formateer selle A1:F2 om soos volg te lyk (moenie enige kleure verander nie): Regsklik: "Open in new tab" - om die voorbeeld te sien:   (2) 2.2 Vind die grafiek op die Times-werkblad. Verander die grafiek om soortgelyk aan die voorbeeld op die werkblad te lyk, deur die instruksies hieronder te volg. Doen die volgende: Verwyder die vertikale as. Voeg die titel ‘Event’ vir die horisontale as by. Vertoon die grafiek se randskrif (legend) boaan. Voeg data-etikette (data labels) vir al die kolomme by. Vul die agtergrond met die prentjie 2OlympicsRe en maak die deursigtigheid 10%. Maak seker dat elke datareeks (data series) in ’n ander kleur vertoon. (6) 2.3 Die funksie in sel G8 is veronderstel om die gemiddelde punte totaal van die atlete wat deelgeneem het te bereken, maar daar is fout met die funksie. Maak die fout in die funksie reg. Gebruik ook ’n funksie om die antwoord af te rond, sodat die antwoord as 4.13 vertoon. (3) 2.4 Die punte totale vir baan items word in kolomme B en C gestoor en die punte vir veld-items in Kolomme D-F. Voeg ’n formule in sel G10 in om te bepaal hoeveel meer punte toegeken is vir baan-items as vir veld-items. (3) Werk nou in die Javelin-werkblad.   2.5 Gebruik die Subtotal-funksie om die hoogste afstand in elke graad te bepaal. (3)   Werk nou in die Participants-werkblad.   2.6 Pas voorwaardelike formatering (conditional formatting) soos volg op die datums in kolom E (‘Date’) toe: As ’n item in die laaste 7 dae plaasgevind het, moet die sel anders geformateer word (uitstaan) as die res van die selle in hierdie kolom. (2) 2.7 Die getal dae wat ’n item gelede (days ago) plaasgevind het, is in kolom F gestoor, en die boete (Penalty fee) wat per dag op laat betalings vir elke item gehef word, is in sel K2 gestoor. Voeg ’n funksie in sel G5 in om die boetebedrag (Penalty fee) vir Keyser, A. te bereken. As die boetebedrag R0.00 is (d.w.s. daar is geen boete nie), moet niks in die sel vertoon nie. Die funksie moet korrek werk indien dit na die ander selle in hierdie kolom gekopieer word. (6) 2.8 Voeg ’n funksie in sel M4 in om te bepaal hoeveel atlete nie spanleiers (‘Team leaders’ – kolom C) is nie. (2) 2.9 ’n Poging is aangewend om die getal atlete wat in spiesgooi (Javelin) deelgeneem het, in sel M7 te bereken. Die verkeerde resultaat word egter gegee. Maak die funksie in sel M7 reg sodat dit die korrekte antwoord vertoon. (1) 2.10 Gebruik die bestaande funksie in sel M10 om ’n formule te skep om die persentasie atlete wat ’n boete het (kolom G), te bereken. Formateer die antwoord as ’n persentasie. (4) 2.11 Voeg ’n funksie in sel M17 in om die derde laagste ‘Punte telling’ (kolom I) te bereken. (3) 2.12 Voeg ’n funksie in sel N27 in om te bepaal hoeveel span leiers (Team leaders) boetes (fines) het. Wenk:  Volg die ‘boublokke’-benadering deur soos volg van die blanko kolomme aan die regterkant van die werkblad gebruik te maak: Stap 1:  Voeg ’n telfunksie (counting function) in die blanko kolom P in om te bepaal of die atleet ’n ‘Span leier’ is. Stap 2: Voeg ’n telfunksie in die blanko kolom Q in om te bepaal of die atleet ’n boete het. Stap 3: Voeg ’n formule of ’n funksie in die blanko kolom R in om te bepaal of die leerder ’n ‘span leier’ is en ’n boete het. Stap 4: Voeg ’n funksie in sel N27 in, wat die resultate van Stap 3 gebruik, om die antwoord te vertoon. (4)   Stoor op jou rekenaar en LAAI in die volgende 'Quiz' op. [40]

A pаtient hаs hаd three pregnancies and twо live births and оne miscarriage. The nurse wоuld record this information as gravida _____, para _____, AB _____.