VRAAG 2 Twee kratte, P en Q, met massas van 2 kg en 3 kg…
VRAAG 2 Twee kratte, P en Q, met massas van 2 kg en 3 kg onderskeidelik, word met ’n tou aan mekaar vasgemaak, en is in rus op ’n growwe horisontale oppervlakte. ’n Konstante krag (F) van 30 N na regs word parallel met die oppervlakte op krat Q uitgeoefen vir 3s. Krat Q beweeg oor ’n afstand van 6 m. Ignoreer die massa van die tou. Regterklik op die onderstaande blou blokkie om die diagram in ‘n nuwe venster oop te maak. 2.1 Waarom is die versnelling van die kratte dieselfde wanneer hulle as gevolg van krag F beweeg? (1) 2.2 Bereken die versnelling van krat Q. (4) 2.3 Bereken die kinetiese wrywingskoëffisiënt. (7) 2.4 Bepaal die spanning in die tou wat tussen die kratte is. (2) 2.5 Indien die trekkrag van 30 N opwaarts teen ’n hoek van 30° met die horisontaal toegepas word, hoe sal die wrywingskrag op die 3 kg krat beïnvloed word? Skryf slegs VERMINDER, VERMEERDER of BLY DIESELFDE. Gee ’n rede vir jou antwoord. (3) 2.6 Nadat die kratte vir 3 s beweeg het, word krag F verwyder. Die kratte beweeg steeds na regs totdat hulle tot stilstand kom. Wat is die rigting van die resultante krag wat op die kratte inwerk nadat F verwyder is? Skryf slegs NA LINKS of NA REGS. (1)