VRAAG 5: VOORRAADSTELSELS, WAARDASIE, INTERNE KONTROLE EN ET…
VRAAG 5: VOORRAADSTELSELS, WAARDASIE, INTERNE KONTROLE EN ETIEK (49 punte; 29 minute) 5.1 BEGRIPPE Kies EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur ‘n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer. deurlopende voorraadstelsel; geweegdegemiddelde-metode; spesifieke identifikasie-metode; periodieke voorraadstelsel; eerste in eerste uit (EIEU) 5.1.1 Hierdie metode aanvaar dat voorraad in die volgorde van aankoopdatum verkoop word. 5.1.2 Hierdie stelsel verseker dat die koste van verkope by die verkooppunt bereken word. 5.1.3 Hierdie metode van voorraadwaardasie ken ‘n unieke of individuele waarde aan elke voorraaditem toe. 5.1.4 Hierdie voorraadstelsel is meer gepas vir lae-waarde-goedere wat op groot maat aangekoop word. (4) 5.2 Westhuizen Handelaars Die onderneming koop en verkoop kragopwekkers. Die onderneming maak gebruik van die periodieke voorraadstelsel en maak van die EIEU (eerste in eerste uit)-metode van voorraadwaardasie gebruik. GEVRA: 5.2.1 Bereken die waarde van die volgende op 30 Junie 2016: SlotvoorraadKoste van verkope (6)(7) 5.2.2 Die eienaar vermoed dat kragopwekkers gesteel is. Bereken die aantal kragopwekkers wat gesteel is.Gee TWEE punte van advies. (5)(4) 5.2.3 Die eienaar, me. Westhuizen, oorweeg om na die geweegdegemiddelde-metode oor te skakel. · Bereken die waarde van die slotvoorraad deur gebruik te maak van die geweegdegemiddelde-metode. (10) · Die eienaar, me. Westhuizen, dink as sy na die geweegdegemiddelde-metode oorskakel, sal dit haar belastingbetaling verminder. Sy nader jou vir advies. Verskaf TWEE punte van advies in die verband. (4)