1.4 Elkeen van die volgende sinne bestaan uit ‘n verklarin…

Questions

1.4 Elkeen vаn die vоlgende sinne bestааn uit 'n verklaring en 'n rede, geskei deur die wооrd "want". Vir elke sin kies A, B, C, D of E waar van toepassing. A-    Indien beide verklaring en rede WAAR is, en die rede is ‘n KORREKTE VERDUIDELIKING van die verklaring. B-    Indien beide stelling en rede WAAR is, maar die rede is ‘n VERKEERDE VERDUIDELIKING van die verklaring. C-    Indien die stelling WAAR is, maar die rede ONWAAR is. D-    Indien die stelling ONWAAR is, maar die rede WAAR is. E-    Indien beide die stelling en die rede ONWAAR is.     STELLING REDE 1.4.1. Die regter ventrikel van die menslike hart is kleiner as die linker ventrikel WANT minder bloed hoef deur die pulmonêre sirkulasiestelsel gepomp te word. [1] 1.4.2  Kleppe is nodig in alle bloed sirkulasiestelsels WANT hulle verseker dat sirkulasie in slegs een rigting plaasvind. [2] 1.4.3  Bloed beweeg stadiger in 'n kapillêre vaat as in 'n aar WANT are is nader aan die hart geleë. [3] 1.4.4  Sommige siektes veroorsaak 'n toename in weefsel vloeistof wat edeem genoem word WANT meer vloeistof filtreer deur die kapillêre vate as wat weg gedreineer word deur die limfatiese stelsel. [4] 1.4.5  Die ritmiese sametrekking van die hart vind plaas sonder stimulasie van 'n eksterne bron WANT die hartklop ontstaan in die hart self. [5] 1.4.6  Die sametrekking van die regter atrium plaas bloed onder druk WANT die trikuspidale klep tussen die linker atrium en linker ventrikel maak oop. [6]       (12)